Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 315

Spreuke 27:13

Bybelteks(te)

13As 'n vreemde vir iemand borg staan,

vat sy klere van hom af;

hou dit as pand, al staan hy borg vir 'n slegte vrou.

SPREUKE 27:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 13. Verskans jou teen uitbuiting deur vreemdes. Dring aan op sekuriteit – bv ‘n man se bo-kleed as pand – of dit vir ‘n bona fide persoon (“vreemdeling”, ‘n nie-Israeliet) of ‘n prostituut (“vreemde vrou”) is. Onthou dat Spreuke eintlik borgskap in sy geheel afwys (Spr 6:1-5; 20:16). Vrygewigheid is goed en reg. Gee as iemand iets van jou vra. Borgskap is egter gevaarlik. Moenie vir ‘n ander se skuld instaan. Dit kan jou ruïneer.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS