Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 310

Spreuke 27:4-6

Bybelteks(te)

4Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed;

teen jaloesie is niemand opgewasse nie.

5'n Openlike bestraffing is beter

as liefde wat onsigbaar bly.

6Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken;

iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.

SPREUKE 27:4-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4. Woede en jaloesie ontsien niks en niemand nie. Daar is ‘n fyn lyn tussen kwaad word en sondig, soos Paulus ook in Efesiërs skryf: “As julle kwaad word (wat nog nie ‘n probleem as sodanig is nie), moenie sondig nie (bv deur te steel, of lelik te praat, of verbitter of opvlieënd te wees, te vloek of te skel nie)” – Efesiërs 4:26-31. Jaloesie is egter altyd verkeerd in Spreuke – wanneer jy jaloers is op mag (Spr 3:31), of van hartstog brand (Spr 14:30) veral vir ‘n ander man se vrou (Spr 23:27) of nog erger jaloers is op slegte mense (Spr 24:1,19). Die woord word soms in die res van die Bybel in ‘n positiewe sin gebruik, waar dit op enkelvoudigheid of lojaliteit dui, veral van God self (Eks 20:5). Maar dit is nie die geval in Spreuke nie.

Vers 5-6. Eerlikheid is altyd die beste. Selfs al ontbloot dit jou, en maak dit jou seer. ‘n Openlike bestraffing konfronteer jou om tot inkeer te kom, terwyl ‘n onsigbare liefde jou nie keer van ‘n verkeerde pad nie. Op eerlike mense se menings kan jy dus staatmaak. Hulle is jou ware vriende. Moenie daarvan terugdeins nie. Jy moet egter ook versigtig wees vir ‘n skynheilige soen. Dit kan ‘n hart wat haat wegsteek. Dink maar net aan Judas wat Jesus verraai het met ‘n soen.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS