Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 309

Spreuke 27:3

Bybelteks(te)

3Klip en sand is swaar om te dra,

maar die ergernis wat 'n dwaas veroorsaak, is swaarder as altwee.

SPREUKE 27:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 3. Die ergernis wat ‘n dwaas veroorsaak, is ‘n amper ondraaglike las. Dit put jou baie meer uit as om swaar klippe rond te dra of sand te verskuif. Die geestelike en emosionele inspanning wat nodig is om dit te hanteer, is meer dreinerend as liggaamlike arbeid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS