Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 30

Spreuke 6:6-11

Bybelteks(te)

6Gaan kyk na die mier, luiaard,

kyk hoe hy werk, en leer by hom.

7Hy het nie 'n leier nie,

nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,

8tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer,

versamel hy sy voedsel in die oestyd.

9Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard,

wanneer gaan jy opstaan?

10Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer,

nog 'n bietjie handevou en bly lê,

11en daar oorval die armoede jou soos 'n rower,

daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.

SPREUKE 6:6-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa waarsku in die derde plek teen luiheid, ’n deurlopende tema in Spreuke (vgl Spr 10:4; 19:24; 20:4; 21:25; 26:16; 30:25; vgl ook Pred 4:25). Die pa gebruik hier die voorbeeld van die miere wat die enigste tyd benut wat daar vir hulle is om hulle kosvoorraad reg maak. Dit is tydens die oestyd van die boere in die somer, wanneer daar kos op die dorsvloere beskikbaar is vir die miere. Dit is al tyd wat die miere het om dit te doen, sodat hulle kos het wanneer daar niks meer op die lande is nie. En hulle doen dit sonder iemand wat hulle voorsê.

Daar is dus maar net een manier om gebrek in ’n mens se lewe te voorkom. Dit is deur harde en eerlike werk. Dit leer die miere ons.

Dit is een van die beginsels wat Stephen Covey gebruik het in sy bekende Law of the Farm. Jy kan nie ’n oes verwag as jy nie deeglik beplan nie, en dan die harde werk insit van voorbereiding, bemesting, plant, besproeiing, voeding, onkruidbestryding, beskerming teen peste ensomeer. Geen oes is moontlik sonder die harde werk wat dit voorafgaan nie.

Die pa waarsku sy seun dus teen luiheid. En hy moenie wag dat sy pa vir hom opdragte gee om te werk nie. Hy moet sy werk vanuit innerlike oortuiging doen. Fluksheid sal hom vrywaar van gebrek. Luiheid is dwaasheid. Daardeur bewerk jy jou eie ondergang.

Soos Peterson vers 10-11 vertaal: “A nap here, a nap there, a day off here, a day off there, sit back, take it easy—do you know what comes next? Just this: You can look forward to a dirt-poor life, poverty your permanent houseguest!” (The Message).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS