Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 308

Spreuke 27:1-2

Bybelteks(te)

1Moenie roem oor wat jy môre verwag nie;

jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

2Laat dit aan 'n ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie;

laat dit uit 'n ander se mond kom, nie uit joune nie.

SPREUKE 27:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Waar die vorige twee hoofstukke gefokus het op die twee hoof beskrywings van menslike gedrag: wysheid (hfst 25) en dwaasheid (hfst 26) – met die verskil wat veral lê in die respek vir allerlei grense al dan nie – fokus hoofstuk 27 meer op persoonlike houdings en emosies en hoe dit in sosiale gedrag na vore kom.

Telkens word dié spreuke met skerp pittige prentjies verwoord, waarvan sommige net onopsombaar mooi is en liefs net so gememoriseer moet word!

Vers 1. Moenie grootpraat oor môre nie. Jy kan per definisie nie van môre seker wees nie. Dit is ‘n belangrike waarheid wat Jakobus met die afhanklikheid van God verbind het, en waar ons idee van Deo Volente, as die Here wil, vandaan kom (vgl Jak 4:13-17; vgl Ps 37:3; Matt 6:34).

Vers 2. Moenie jouself prys nie. Dit lê ook aan die wortel van ons idioom: “Jakkals prys sy eie stert!” (vgl Joh 12:43)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS