Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 301

Spreuke 26:18-19

Bybelteks(te)

18Soos 'n mal mens wat dodelike pyle rondskiet,

19so is iemand wat 'n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

SPREUKE 26:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 8 – Dit is dwaas om iemand te bedrieg.

Dit is dwaas om iemand te bedrieg, selfs al is dit bedoel as ‘n grap. Dit is soos ‘n mal mens wat brandende, dodelike pyle afskiet sonder om rekening te hou met die skade wat dit kan aanrig. Die boosheid hiervan word in die volgende drie spreuke verder uitgespel in terme van aanhitsing tot kwaadpraat, rusies en skinder. In die NT word die werk van die Bose ook met die metafoor van vurige pyle beskrywe. Paulus leer ons om die skild van die geloof op te neem waarmee ons al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus (Ef 6:16).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS