Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 302

Spreuke 26:20-21

Bybelteks(te)

20Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie;

sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie.

21Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur,

en 'n twissiek mens vir rusie stook.

SPREUKE 26:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 9 – Dit is dwaas om in rusies te verval.

Dit is dwaas om ‘n rusie te laat aangaan en aangaan. Dit is tydige raad aan enigiemand wat by die een of ander twisgesprek betrokke is. Hou net op met rusie maak, bly by jou eie oortuiging, en doen dit sonder om ander met mag en geweld tot dieselfde oortuiging te probeer oorhaal.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS