Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 29

Spreuke 6:1-5

Bybelteks(te)

1As jy vir iemand borg gestaan het, my seun,

as jy jou verbind het vir 'n ander,

2verstrik geraak het deur wat jy gesê het

en vasgevang is deur jou eie woorde,

3doen dan dít, my seun,

en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het:

gaan soebat hom, gaan pleit by hom;

4moenie gaan slaap nie, bly wakker,

5red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik,

soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.

SPREUKE 6:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa moedig sy seun in die tweede plek aan om nie borg te staan vir vreemdes nie, dws mense wat jy nie ken nie (vgl Spr 11:15; 20:16). Trouens, dit geld borgskap vir enige skuld, veral waar jy nie het om te betaal nie (vgl Spr 22:26-27).

Dit gaan hier oor die mag wat ander dan oor jou kan uitoefen. Met vreemdes is dit boonop mense waarvan jy geen benul het van hulle karakter en motiewe nie. Die pa wil hê dat sy seun vry moet wees van verpligtinge wat moontlik vanweë ander se dwaasheid op hom gelê kan word.

En as dit wel gebeur het dat jy vir vreemdes borg gestaan het? Wel, doen alles in jou vermoë om daaruit los te kom! Soebat, pleit, selfs al kos dit jou ’n nag se slaaploosheid. Sorteer dit uit! Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of help met ’n geskenk nie. Maar, daarvoor geld ander reëls (vgl Spr 3:27-28).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS