Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 299

Spreuke 26:13-16

Bybelteks(te)

13Die luiaard se verskoning is:

“Daar is 'n leeu in die pad!

Daar is 'n leeu in die straat!”

14'n Deur bly op sy skarnier draai;

'n luiaard bly omdraai op sy bed.

15Die luiaard steek sy hand in die skottel,

maar hy is te lui om dit terug te bring na sy mond toe.

16Die luiaard dink hy het meer wysheid

as sewe mense wat verstandige antwoorde kan gee.

SPREUKE 26:13-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 6 – Luiheid is ‘n passiewe vorm van dwaasheid.

Hierdie 4 verse stel die probleem van luiheid onomwonde:

  • Luiaards vind verskonings in verbeelde gevare – ‘n leeu in die pad of op die dorpspleine – vers 13 (vgl Spr 22:13).
  • Luiaards bly onaktief – hulle draai rond op hulle bed soos ‘n deur op sy skarniere – vers 14.
  • Luiaards maak niks klaar nie, want hulle is te moeg – hulle bring nie eers die kos na hulle mond toe terug nie – vers 15 (vgl Spr 19:24).
  • Luiaards dink uitermate baie van hulle eie insig – vers 16.

Luiheid is dus ‘n ontblotende beskrywing van dwaasheid. Dwaasheid gaan mank aan ‘n respek vir God.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS