Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 298

Spreuke 26:9-12

Bybelteks(te)

9'n Doring in 'n dronk man se hand,

so is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.

10'n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie,

so is iemand wat 'n dwaas of sommer 'n verbyganger huur.

11Soos 'n hond wat na sy braaksel toe terugkom,

so is 'n dwaas wat dieselfde dwaasheid weer begaan.

12Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag,

is daar minder hoop as vir 'n dwaas.

SPREUKE 26:9-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 5 – Dwaasheid is regtig amper ongeneeslik sleg.

Vers 9. ‘n Spreuk in die mond van ‘n dwaas, is nie net nutteloos nie, maar rig skade aan. Soos ‘n doring in die hand van ‘n dronkie. Hy weet nie eers dat dit homself seermaak nie.

Vers 10. Dit is selfs dwaas om ‘n dwaas te huur. Dit is soos om iemand met ‘n geweer los te laat op enige teiken wat voorkom. Dit is net so dwaas om sommer ‘n verbyganger te huur.

Vers 11. Dit is onafwendbaar dat ‘n dwaas dieselfde dwaasheid sal begaan. Dit is net soos ‘n hond wat sy eie braaksel opeet.

Vers 12. Die diepste dwaasheid is om te dink dat wysheid in jouself lê. Dit is die diepste waarheid van hierdie gedeelte oor die dwase, want dit skakel die hele gedeelte aan die boodskap van Spreuke van die begin af. Wysheid begin met die respek en ontsag wat jy vir God het, en die erkenning dat wysheid by Hom begin, en nie by jouself nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS