Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 297

Spreuke 26:6-8

Bybelteks(te)

6As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur,

kan jy net so wel nie 'n boodskap stuur nie

en aanvaar dat daar moeilikheid kom.

7'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom;

net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.

8Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind,

dit is wat dit beteken om aan 'n dwaas mag te gee.

SPREUKE 26:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 4 – Dit is moeilikheid soek om ‘n dwaas met ‘n boodskap te stuur.

Vers 6. Dit is moeilikheid soek om ‘n dwaas met ‘n boodskap te stuur. Dit is soos om jou eie twee voete af te kap, gegewe dat ‘n boodskapper in daardie tyd soos twee ekstra voete gereken is. Jy doen jouself geweld aan.

Vers 7. Selfs ‘n spreuk in die mond van ‘n dwaas is nutteloos. Dit ontkrag die betekenis daarvan.

Vers 8. Dit is dom om ‘n dwaas mag te gee deur hom te vereer. Dit is soos om ‘n klip vas te maak aan ‘n slingervel. Net iemand wat niks weet van hoe ‘n slingervel werk, doen só iets.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS