Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 296

Spreuke 26:4-5

Bybelteks(te)

4Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;

hy sal dink jy is soos hy.

5Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier,

anders dink hy hy het wysheid.

SPREUKE 26:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 3 – Dit verg uiterse wysheid om met dwase te werk.

Dit verg uiterste wysheid om met dwase te kommunikeer. Vers 4-5 verwoord met twee radikaal teenoorgestelde spreuke die konstante dilemma van wyse mense in hulle verhouding met dwase mense.

  • Sit jy ‘n wag voor jou mond deur ‘n dwase opmerking te vermy deur liewer niks te sê nie, het jy ‘n probleem dat ‘n dwaas kan dink jy is net soos hy/sy (Spr 26:4).
  • Antwoord jy ‘n dwaas egter op dieselfde dwase manier as wat ‘n dwase mens sou doen (moontlik met sarkasme), het jy ook ‘n probleem dat ‘n dwaas kan dink sy/hy is eintlik beter as jy (Spr 26:5).

Die twee spreuke sê dus dat ‘n mens soms gaan praat, en soms nie, maar dat dit altyd riskant sal wees, omdat jy nie noodwendig ‘n goeie reaksie gaan ontlok nie, en self in die gedrang kan kom.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS