Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 295

Spreuke 26:1-3

Bybelteks(te)

1Soos sneeu in die somer en reën in die oestyd,

so min pas dit dat 'n dwaas eer ontvang.

2Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie,

so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.

3'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,

en 'n lat vir 'n dwaas.

SPREUKE 26:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke 26 is ‘n versameling van spreuke wat almal verskillende gestaltes van dwaasheid beskryf. Dit is opvallend hoe sonder enige perke die dwase se optrede geskilder word. Dit staan in ‘n skrille kontras met die selfbeheersing, versigtigheid en emosionele volwassenheid van die wyse se optrede. Spreuke sê hiermee:

  1. 1.Wyse mense weet waar die grense lê in menslike verhoudings en leer om daarmee saam te leef, en dit te respekteer.
  2. 2.Dwase mense ignoreer egter ander mense se grense en tree sonder respek vir die waarheid op en daarby oordadig. Dwaasheid ken dus geen perke nie.

Ek groepeer die spreuke oor dwaasheid in 14 temas. Dit vorm ‘n radikale kontras met die 9 temas oor wysheid in hoofstuk 25.

Tema 1 – Dis onvanpas dat dwase eer ontvang.

Vers 1. Dis onvanpas dat dwase eer ontvang. Dis net so onvanpas soos sneeu in die somer, of reën in die oestyd.

Tema 2 – Dwase se wandade kom tot niks.

Vers 2-3. Dwase se wandade kom tot niks, en hulle kry wat hulle verdien. God laat nie toe dat ‘n vervloeking iemand tref wat dit nie verdien nie. Dit verdwyn soos ‘n voëltjie wat wegfladder, soos ‘n swaeltjie wat wegvlieg. Daarteenoor sorg God dat dwase kry wat hulle verdien, ‘n goeie pak slae. Hy dissiplineer hulle soos ‘n perd met ‘n sweep. Hy beheer hulle soos ‘n donkie met ‘n toom.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS