Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 293

Spreuke 25:26-27

Bybelteks(te)

26'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het,

so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose.

27Om te veel heuning te eet, is nie goed nie,

ook nie om eer te bly soek nie.

SPREUKE 25:26-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 8 – Staan sterk vir die waarheid

Die volgende twee spreuke beklemtoon die waarheid in alles wat jy doen.

Vers 26: Jy moet sterk staan vir die waarheid as die goddeloses jou aanvat. Jy moet geen kompromie aangaan nie, anders verloor jy jou integriteit.

Vers 27: Terselfdertyd moet jy nie jou val vir die versoeking om jou eie eer soek nie. Dit is soos soetgoed wat met matigheid en selfbeheersing hanteer moet word (vgl Spr 25:16). Integriteit lê in sterk staan vir die waarheid en in die aflê van eersug.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS