Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 292

Spreuke 25:23-25

Bybelteks(te)

23Die noordewind bring reën,

en agteraf-praat maak mense kwaad.

24Liewer bo-op 'n dak woon

as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak.

25Koue water vir 'n moeë mens se dors,

so is 'n goeie berig uit 'n ver land.

SPREUKE 25:23-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 7 – Goeie kommunikasie maak saak.

Hierdie drie spreuke in vers 23-25 onderstreep die waarheid van goeie kommunikasie van verskillende kante af.

Vers 23: agteraf praat (’n tong wat in die geheim praat, dws skinder) maak kwaad – dis so seker as wat die noordewind reën bring.

Vers 24: twis by die huis is onuithoudbaar (vgl Spr 21:9).

Vers 25: goeie berigte van veraf is soos koue water vir ’n moeë mens se dors.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS