Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 290

Spreuke 25:18-20

Bybelteks(te)

18'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl,

so is 'n man wat vals teen sy naaste getuig.

19'n Seer tand, 'n voet wat meegee,

so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens.

20Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag,

of asyn op bytsoda,

so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel.

SPREUKE 25:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 5 – Onvanpaste woorde maak seer.

Hierdie drie spreuke in vers 18-20 handel al drie oor die leed wat onvanpaste woorde ander aandoen.

Vers 18 waarsku ons dat valse getuienis jou naaste verwoes. Dit is asof jy hom tegelykertyd met drie wapens bykom: ‘n knopkierie, ‘n swaard en ‘n skerp pyl.

Vers 19 wys hoe onbetroubaarheid in sulke tipe konflik bydra tot die een wat bygekom word se benoudheid. As een wat jy vertrou het jou in die steek laat, is dit soos ‘n slegte tand wat breek as jy daarop kou. Of ‘n voet wat swik as jy jou gewig daarop plaas.

Vers 20 waarsku daarby dat as jy die hartseer ignoreer – die bedroefde een met ‘n vrolike lied verwelkom asof niks gebeur het nie – dan is jy soos een wat die bedroefde, wat alreeds koud kry, se klere uittrek, of sy pyn vererger deur asyn (suur) op bytsoda (alkali) te gooi. Suur op alkali laat die alkali opbruis en vernietig die aard daarvan (dit raak sout).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS