Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 28

Spreuke 5:22-23

Bybelteks(te)

22Die oortreding van die goddelose agterhaal hom,

hy draai hom vas in sy sonde.

23Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing,

sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring.

SPREUKE 5:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wie goddeloos lewe en God se wet hieroor oortree, sal vasval en verstrik in hulle skuld, sonde en sotheid, sê die pa. Hiermee waarsku die pa sy seuns dat hulle nooit die effek van die skuld van ongeregtigheid en sonde moet onderskat nie. Jy kan moontlik nog jou skuld wegsteek vir ander, maar nie vir jouself of vir God nie.

Dit is waarom vermaning só ’n belangrike deel van ’n geloofsgemeenskap se omgee vir mekaar moet wees. Ons mag nie wegskram daarvan nie. Daar is lewens op die spel. Wie lê die Here op jou hart vandag met wie jy moontlik moet praat?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS