Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 287

Spreuke 25:15

Bybelteks(te)

15Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word;

met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek.

SPREUKE 25:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 4 – Geduld en selfbeheersing bring jou ver.

Die volgende drie spreuke in vers 15-17 het almal met geduld en selfbeheersing te make.

Vers 15 verduidelik dat stille volharding mense in gesagsposisies oorhaal. ‘n Sagte tong het ‘n verstommende krag. Dit kan bene breek! Dit is waarom Petrus beskeidenheid voorskryf in ons interaksie met die wêreld, want dit hou nie net ons gewetens skoon nie, maar dit bring teenstanders tot insig (1 Pet 3:15-16). Spreuke het dié boodskap al drie keer gebring (Spr 15:1; 15:14, 32). ‘n Mens kan dit maar glo!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS