Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 286

Spreuke 25:11-14

Bybelteks(te)

11Goue appels wat in silwer gemonteer is,

so is die regte woord op die regte tyd.

12'n Goue ring, goue juwele,

so is die wyse vermaning vir wie wil luister.

13Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word,

so is 'n betroubare gesant vir dié wat hom gestuur het;

hy gee dié in wie se diens hy staan, nuwe moed.

14Miswolke en wind, maar geen reën nie,

so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie.

SPREUKE 25:11-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 3 – Kies die regte woord op die regte tyd.

Hierdie drie spreuke het almal te make met die wyse waarop woorde gebruik word. Wyse woorde op die regte tyd is bewonderenswaardig (“skillful”) en kosbaar (beeldskoon, waardevol, kunstig – Spr 25:11-12). Dit kom op die regte tyd en gee moed (Spr 25:13) teenoor die leë woorde van belofte wat niks oplewer nie (Spr 25:14).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS