Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 285

Spreuke 25:8-10

Bybelteks(te)

8moenie te haastig teen jou buurman 'n klag indien nie;

wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?

9As jy 'n saak teen jou buurman het,

moenie sê wat iemand jou vertroulik meegedeel het nie:

10dit kan by hom uitkom, en hy kan jou tot 'n leuenaar maak,

en dan kry jy vir goed 'n slegte naam.

SPREUKE 25:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 2 – Behou goeie buurmanskap.

Hierdie twee spreuke leer ‘n mens om versigtig te wees om:

  1. 1.sommer vinnige gevolgtrekkings te maak oor jou buurman sonder om eers ‘n in diepte ondersoek te doen van wat jy waargeneem het (Spr 25:8) en
  2. 2.as jy wel dink dat jy ‘n saak teen hom het, baie seker te maak van jou feite, selfs al maak jy staat op dinge wat vertroulik vir jou gesê, anders kan jy lelik op jou neus kyk as iemand anders dié feite nie kan rugsteun nie (Spr 25:9-10).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS