Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 284

Spreuke 25:6-7

Bybelteks(te)

6Moet jou nie vernaam aanstel by die koning

en op die plek vir hoë mense gaan staan nie.

7Dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hiernatoe!”

as dat hy jou laat plek maak vir die vername mense.

As jy iets gesien het,

SPREUKE 25:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 6-7. Konings het in die vierde plek ‘n sensitiwiteit vir mense wat hulle mag bedreig. Tree dus met uiterse versigtigheid op in jou kommunikasie met konings.

Konings is dus ondersoekend, maar onpeilbaar, as ‘n mens vers 6-7 in die lig van vers 1-5 lees. Feilbaar en uiters sensitief. Hierdie spreuke oor die karakter van konings bly steeds ‘n raak opsomming van beide die uitdaging om ‘n koning te wees, en nog dieper, om met ‘n koning saam te werk.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS