Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 281

Spreuke 24:28-29

Bybelteks(te)

28Moenie teen jou naaste getuig as hy jou nie rede gegee het nie;

moenie mense mislei met wat jy sê nie.

29Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen,

ek sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het” nie.

SPREUKE 24:28-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 4 – Wees eerlik selfs al word jy te na gekom.

Weer word ‘n verwysing na die lippe gebruik om oor eerlikheid kommentaar te lewer.“Mag jy met jou lippe mislei?”, soos dit in die oorspronklike Hebreeus staan. Die waarskuwing geld selfs al is ‘n mens te na gekom. Vergelding of wraakgierigheid is nie deel van die wyse manier van lewe nie. Hierdie spreuk wys dus die misleiding met jou lippe – valse getuienis – sterk af.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS