Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 280

Spreuke 24:27

Bybelteks(te)

27Sit eers jou werk buite aan die gang

en bewerk jou lande; daarna kan jy huis bou.

SPREUKE 24:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 3 – Werk volgens die regte prioriteite.

Die ongemaklike waarheid is dat ‘n mens se harde werk ongedaan gemaak kan word, as jy nie met die regte prioriteite werk nie. Jy kan nie beplan om êrens te woon as jy nie eers ‘n werk het om jou daar aan die lewe te hou nie. Die orde is: bewerk eers jou lande, en bou dan jou huis. Dit is ‘n metafoor vir die nakom van die regte prioriteite wat in baie lewensverbande nagevolg kan word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS