Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 279

Spreuke 24:26

Bybelteks(te)

26Iemand wat eerlik antwoord, is 'n ware vriend.

SPREUKE 24:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 2 – ‘n Ware vriend is eerlik.

In die oorspronklike staan daar dat dié een wat eerlik antwoord, “’n soen op die lippe” is (1933/53-vertaling). Soos dit in die 1983-vertaling vertaal is: “’n ware vriend.” Die NCV vertaal: “An honest answer is as pleasing as a kiss on the lips.”

Herodotos, die Griekse geskiedskrywer uit die 5de eeu vC, vertel van ’n tradisie onder die Perse dat só ’n soen ’n teken van ware vriendskap is. ‘n Mens kan daarom nie anders as om die hele gebeure in Getsemane in herinnering te roep nie, waar die Seun van die mens juis deur so ‘n soen verraai is, waar Judas doelbewus ‘n vriendskapsgebaar gebruik het om Jesus te verraai (vgl Matt 26:49). Saam met die vorige spreuk, vorm dit ‘n interessante agtergrond vir die kruisverhaal van Jesus in die NT.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS