Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 27

Spreuke 5:15-21

Bybelteks(te)

15Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water:

drink die strome uit jou eie fontein.

16Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop,

jou strome water oral heen vloei?

17Hulle is tog net joune,

en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.

18Sing die lof van jou eie fontein,

verheug jou oor jou eie vrou,

19so vol liefde, so mooi

soos 'n takbok, soos 'n ribbok.

Geniet voluit van haar liefkosings,

laat dit jou deurentyd bedwelm.

20Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun,

waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?

21'n Mens se lewe lê oop voor die Here,

elke tree wat jy gee, sien Hy.

SPREUKE 5:15-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Let op hoe die pa dan die situasie omkeer. Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so, waarom dit aan iemand anders doen?

Die punt van die verbod op ontrou is om volle vreugde te vind in die huwelik met die vrou (of man) wat die Here vir jou gegee het. Drink water uit jou eie reënbak! Jou vrou moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

Let op dat hier in die enkelvoud gepraat word, want dit was altyd die ideaal dat die huwelik monogaam sal wees, soos Jesus helder in Matteus 19 vir ons leer op grond van Genesis 2. Poligamie het via die nageslag van Kain pos gevat, en selfs die Israeliete het die nasies daarin begin navolg. Maar, dit was nooit God se skeppingsdoel met die mens nie.

Laat jou vrou (of man) jou dus bedwelm, en niemand anders nie, want God sien en reageer op alles wat jy doen. Hierdie waarskuwing het daarby ook ‘n geestelike kant, want die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur só ‘n gebrek aan selfbeheersing.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS