Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 275

Spreuke 24:15-18

Bybelteks(te)

15Moenie soos 'n slegte mens die regverdige by sy huis gaan voorlê

en sy woonplek verwoes nie.

16Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op,

maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

17Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie,

moenie juig wanneer hy ondergaan nie.

18Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë,

en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

SPREUKE 24:15-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 28 – Regverdiges verheug hulle nie oor hulle vyand se val nie.

Hierdie spreuk kan ook in twee dele verdeel word (Spr 24:15-16; 24:17-18), maar dit pas ook goed as ‘n eenheid by mekaar, veral in die prentjie wat dit teken van regverdiges se hantering van onregverdiges. Soos ‘n vriend van my gesê het: “Walk in the opposite spirit”!

Dit is uiters belangrik om nie die kwaad met kwaad te probeer vergeld nie. Want dan raak jy eintlik net so boos soos die bose mense wat jy probeer uitwis. Netsoos die Here raaksien as ‘n mens onskuld pleit as jy eintlik jou onbetrokkenheid net wil wegsteek, só sien Hy ook raak as jy jou verlekker in die rampspoed wat jou vyand tref. Dit kan Hom selfs noop om sy oordeel te verander. God verwag van ons dat ons regverdig sal bly, selfs wanneer ons reg bewys word in ‘n saak teenoor onregverdiges. Regverdiges verheug hulle nooit oor hulle vyand se val nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS