Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 274

Spreuke 24:13-14

Bybelteks(te)

13Eet heuning, my seun, dit is lekker;

die stroop is soet in jou mond.

14So smaak die kennis, die wysheid ook;

as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms,

en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

SPREUKE 24:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 27 – Wysheid en kennis gee ‘n hoopvolle toekoms.

Met ‘n baie innemende vergelyking word kennis en wysheid met heuningstroop vergelyk. Dit is hoe lekker dit is wanneer ‘n mens wysheid ontdek en begin toepas. Jou visie op die toekoms word daarop gebou. Dit gee jou ‘n hoop wat onvernietigbaar is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS