Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 273

Spreuke 24:11-12

Bybelteks(te)

11Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,

dié wat val-val op pad is

om doodgemaak te word as jy nie keer nie.

12As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”,

sal God wat die gedagtes toets,

weet wat die waarheid is.

Hy wat oor jou wag hou, Hy weet

en Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.

SPREUKE 24:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 26 – God verwag van ons om mense te probeer red van die dood.

Of dit nou is weens sonde, siekte, onreg of gevaar. “Hold back those slipping to the slaughter.” (NET). Ons het ‘n onvervreembare verantwoordelikheid om nie maar net te huil oor dié wat swaarkry en weerloos afgemaai word nie, maar inderdaad iets te doen om sulke mense te help en te red. Deur gebed en gesprek moet ons in die bres gaan staan vir die hulpeloses. Spreuke herinner ons ook daaraan dat God alles weet, ook wanneer ons onkunde pleit om ons eie nalatigheid om in te gryp, te probeer verskoon.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS