Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 272

Spreuke 24:9-10

Bybelteks(te)

9'n Dwaas se geknoei loop op niks uit nie;

mense verafsku 'n ligsinnige mens.

10As jy weifel op die dag van nood,

is jy nie opgewasse daarvoor nie.

SPREUKE 24:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 25 – Gesamentlike onderskeiding voorkom lafhartigheid.

Dit is dan ook die enigste manier waarop ‘n mens dwaasheid kan troef, deur dit deur ‘n groter groep van onderskeidende gelowiges te laat hanteer. Dit voorkom lafhartigheid en versterk almal wat saam werk hieraan.

Onthou ligsinnigheid beteken eintlik respekloosheid. Hierdie waarheid word afgerond met die gedagte dat ‘n mens baie kan aflei van jou voorbereiding vir iets, as jy kyk na jou reaksie wanneer die dag van nood jou tref: as jy aarsel, is jy nog nie opgewasse daarvoor nie … en het jy nodig om meer tyd aan gesamentlike onderskeiding te bestee.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS