Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 270

Spreuke 24:7

Bybelteks(te)

7Wysheid is bo 'n dwaas se begrip;

hy kan dit nie waag om sy mond oop te maak

waar leiers beraadslaag nie.

SPREUKE 24:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 23 – Gesamentlike onderskeiding snoer die mond van die sotte.

Die noodsaak van ’n verskeidenheid van raadgewers is waar nie net van oorlog nie, maar eintlik van enige situasie waarin die moontlikheid van groot konflik en vyandskap bestaan. Spreuke onderstreep hiermee die belangrike rol van gesamentlike onderskeiding, iets wat ook in die NT se geloofsonderskeidende prosesse nagevolg is en ‘n patroon vir gelowiges geword het om in hulle besluitneming te gebruik (Hand 15). Wanneer wyse leiers só werk, snoer dit dwase se monde.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS