Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 266

Spreuke 23:29-35

Bybelteks(te)

29Wie is dit wat sug en steun,

wat rusie maak en kla,

onnodig seerkry en bloedbelope oë het?

30Dit is dié wat tot laat sit en drink,

dié wat aanhou proe aan drank.

31Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is,

so vonkel in die beker,

so lekker smaak nie.

32Agterna pik hy soos 'n slang,

spoeg hy gif soos 'n kobra.

33Dan sien jy vreemde dinge

en praat jy verkeerde dinge;

34dit voel of jy op die oop see lê,

of jy bo-op 'n seilskip se touwerk lê,

35en jy dink:

ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie;

ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie!

Wanneer word ek wakker?

Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink.

SPREUKE 23:29-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 19 – Moenie dronk word nie.

Hierdie langer spreuk is ‘n klassieke en kostelike beskrywing van die effek wat drank op ‘n mens het wat hom of haar aan oordaad, ‘n suipery, oorgee.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS