Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 265

Spreuke 23:26-28

Bybelteks(te)

26Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer:

27'n slegte vrou is soos 'n gevaarlike afgrond,

'n ander man se vrou is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie;

28sy lê op die loer soos 'n rower,

sy laat die een man na die ander 'n egbreker word.

SPREUKE 23:26-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 18 – Bly weg van owerspel – dws enige seks buite die huwelik.

Regdeur Spreuke word gewaarsku teen die gevaar van die slegte vrou (zōnâ) of die vreemde vrou (nākrî). Spreuke is helder daaroor dat seks met sulke vrouens soos ‘n gevaarlike afgrond is. Dit is soos ‘n smal diep put waaruit jy nie kan ontsnap nie. Seks buite die huwelik beroof jou van die lewe en laat ’n samelewing in ontrouheid verval. Die slegte gevolge daarvan kan nie oorskat word nie. Die gevaar daarvan word afgeweer deur jou hart vir die Here te gee en jou oë op sy weë te hou.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS