Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 264

Spreuke 23:23-25

Bybelteks(te)

23Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;

hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.

24'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;

'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.

25Mag ook jóú vader dié vreugde hê,

mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!

SPREUKE 23:23-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 17 – Hou by die waarheid.

Let op hoe die waarheid in vele fasette sy gestalte kry. Dit bestaan uit wysheid, selfbeheersing, insig, en reg doen (dit is wat ’n regverdige kenmerk – vers 24). Dít is hierdie vier karaktereienskappe wat ouers vreugde verskaf: wysheid, selfbeheersing, insig, en reg doen.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS