Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 263

Spreuke 23:19-22

Bybelteks(te)

19Luister, my seun, soek die regte insig:

bly op die regte pad;

20moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,

21want die suiplap en die vraat word arm;

dronkenskap laat jou in vodde loop.

22Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;

en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.

SPREUKE 23:19-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 16 – Moenie jou ophou met suiplappe en vrate nie.

In aansluiting by die waarskuwing by wie en hoeveel jy by mense eet, waarsku Spreuke hier teen ‘n gekuier saam met suiplappe en vrate. Dit is uiteindelik nie heilsaam nie, soos spreuk 18 ook sal uitwys. Dit sal jou van die wyse pad af laat afdraai. Teenoor die dwaasheid van suiplappe en vrate word die wysheid van die ouerlike voorbeeld en die navolging daarvan aangeprys. Dit sluit ook in om die vyfde gebod om jou ouers te eer tot aan die einde van jou lewe na te volg.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS