Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 262

Spreuke 23:17-18

Bybelteks(te)

17Moenie afgunstig wees op sondaars nie;

wees altyd ywerig om die Here te dien;

18dan sal jy 'n toekoms hê

en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

SPREUKE 23:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 15 – Verseker jou toekoms deur vir die Here ontsag te hê.

Daar is altyd die verleiding en versoeking om afgunstig te wees op die gemak waarmee sondaars hulle eie belange dien. Spreuke waarsku egter dat ‘n mens se heil nie daarin lê nie, maar in ‘n lewe in ontsag vir die Here. Dan het ‘n mens ‘n ware hoopvolle toekoms wat jou nie ontneem kan word nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS