Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 261

Spreuke 23:15-16

Bybelteks(te)

15My seun, as jy 'n wyse mens word,

sal dit my baie vreugde verskaf.

16Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.

SPREUKE 23:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 14 – ‘n Wyse seun verskaf baie plesier aan sy pa.

Die plesier van ouerskap lê primêr daarin dat die opvoeding wat jy gegee het, en die opoffering wat jy ingesit het om lewenswysheid aan jou kinders oor te dra, gestalte kry in ‘n wyse lewe. Dit is ’n intense diep vreugde – jy voel dit in jou “niere” – volgens die Semiete die setel van jou diepste emosies.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS