Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 258

Spreuke 23:10-11

Bybelteks(te)

10Moenie grense verlê wat lankal daar is nie,

moenie weeskinders se grond vat nie,

11want hulle Beskermer is magtig,

Hy sal hulle saak teen jou behartig.

SPREUKE 23:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 11 – Moenie weeskinders se grond vat nie.

In samehang met spreuk 4 – moenie antieke grense verlê nie – word hier eksplisiet gepraat van weeskinders se grond. Dit is kinders wie se ouers oorlede of onkapabel is, en daarom uitgelewer is aan die skuldinvorderaars wat hulle grond kan vervreem.

Wie weeskinders egter só te na kom, speel op gevaarlike grond, omdat die Beskermer, dit is God self, aan die weeskinders se kant is. Hy is die Vader van die vaderlose. Die Losser by uitnemendheid (vgl die rol van Boas in Rut). Vergelyk ook spreuk 1, wat ‘n soortgelyke gedagte oor armes en hulpeloses verwoord.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS