Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 256

Spreuke 23:6-8

Bybelteks(te)

6Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,

moenie sy lekker kos begeer nie,

7want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.

Dit is hoe hy is.

Hy moedig jou aan om te eet en te drink,

maar hy bedoel dit nie.

8Jy sal naar word van wat jy eet

en jou komplimente sal verkwis wees.

SPREUKE 23:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 9 – Moenie by ‘n suinige mens gaan eet nie.

‘n Suinige mens sal jou aanmoedig om te eet en agteraf beskinder of slegte gedagtes oor jou koester. Kies vrygewige gasvrye mense uit as jou vriende. Kies by wie jy kuier.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS