Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 255

Spreuke 23:4-5

Bybelteks(te)

4Moet jou nie afsloof om ryk te word nie

en moenie jou sin vir waardes verloor nie.

5Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg;

dit kry vlerke en vlieg die lug in soos 'n arend.

SPREUKE 23:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 8 – Moenie dat jou verlange na rykdom jou jou sin vir waardes laat verloor nie.

Nie dat rykdom as sodanig noodwendig verkeerd is nie, maar rykdom kry maklik vlerke en raak verlore. En as rykdom jou fokus is, het jy dan jouself ook verloor. Die Prediker het ook hieroor nagedink en tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Soms jaag jy rykdom na, maar gaan dood voor jy dit kan geniet (vgl Pred 4:7-8). Soms verloor jy dit bloot weens omstandighede (vgl Pred 5:13-17). Die soeke na rykdom kan jou dus duur kos.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS