Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 254

Spreuke 23:1-3

Bybelteks(te)

1As jy aansit om saam met 'n hoë amptenaar te eet,

wees tevrede met wat jou voorgesit word

2en bedwing jou as jy 'n groot eetlus het.

3Moenie sy lekker kos begeer nie;

dit kan jou duur te staan kom.

SPREUKE 23:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 7 – Wees tevrede met wat vir jou voorgesit word.

Let op dat dit nie soseer oor die magsverhouding gaan nie, maar oor die effek wat ‘n onbeteuelde eetlus, en die begeerte na meer op jou kan hê. Natuurlik kan dit jou in konflik bring met die hoë amptenaar, maar dit kan jou ook verlei om dieselfde te wil hê as hy, net uit jaloesie uit.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS