Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 253

Spreuke 22:29

Bybelteks(te)

29Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk,

kom in die diens van konings,

nie in die diens van mense sonder aansien nie.

SPREUKE 22:29AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 6 – Verhoog jou vaardigheid, en verhoog só jou invloed.

Hoe mooi sê die wyse nie: “Jy sien self …”. Dit is tog ‘n algemene waarheid dat vaardige mense se invloedsfeer groei. Hulle kom in die diens van konings en mense van aansien. Daarom is die onuitgesproke aanbeveling van dié vers: verhoog jou vaardigheid, en verhoog só jou invloed (vgl Spr 27:18).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS