Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 25

Spreuke 5:1-6

Bybelteks(te)

1My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer,

luister na my goeie raad.

2Dan sal jy self ook met oorleg kan optree

en met die nodige kennis praat.

3Die slegte vrou se lippe drup van die heuning,

haar tong is gladder as olie,

4maar agterna is alles so bitter soos wildeals;

sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.

5Haar pad is dié van die dood,

elke stap saam met haar bring die ondergang nader.

6Sy hou jou weg van die pad van die lewe af,

sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.

SPREUKE 5:1-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die agste lewensles” van die pa aan sy seun strek van Spreuke 5:1 tot 6:19 en fokus op vyf versoekings. Hy fokus in hoofstuk 5 aan die een kant op die verleiding van die vreemde vrou (dws iemand anders se vrou). Hy fokus in hoofstuk 6:1-19 op die verdere vier versoekings van vreemdes (dws mense wat jy nie ken nie), luiheid, onreg en eiegeregtigheid.

Die pa waarsku in vers 1-6 teen die versoeking van die vreemde vrou (die vrou van iemand anders, dws ‘n getroude). Om jou voet op hierdie verkeerde pad te plaas, lei jou in die eerste plek, bó alles, tot ’n goddelose pad, ‘n pad waarin jy ook jou Godsverhouding kan verloor. Vermy die vreemde vrou dus soos die gif, want dit is ‘n pad van die dood. Sy sal jou weghou van die pad van die lewe. Dit lyk miskien na “easy sex,” maar dit is net skyn, die skyn van die dood. Sulke seks laat jou verdwaal. Dit sal die pad na die lewe vir jou sluit.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS