Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 249

Spreuke 22:22-23

Bybelteks(te)

22Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie;

moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie.

23Die Here sal hulle saak behartig

en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof.

SPREUKE 22:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 2 – Tree met deernis op teenoor arm en hulpelose mense.

Deernis met arm en hulpelose mense is ‘n teken van wysheid, nie net omdat dit vir hulle iets beteken nie, maar omdat jy daarmee aan die kant van die Here gaan staan. God is op ‘n besondere manier die God van die armes en hulpeloses.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS