Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 250

Spreuke 22:24-25

Bybelteks(te)

24Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie,

moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie:

25dalk leer jy sy maniere aan

en beland jy in lewensgevaar.

SPREUKE 22:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 3 – Wees baie versigtig vir opvlieënde mense.

Die probleem van opvlieënde mense is dat jy baie maklik soos hulle kan word. Daarom moet jy baie versigtig wees om vriende met só iemand te wees. Dit kan jou in lewensgevaar laat beland. Soos Spreuke 22:19 gesê het, dit is selfs ‘n probleem om só iemand met sy woede te help, omdat dit baie gou ‘n konstante verantwoordelikheid word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS