Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 248

Spreuke 22:20-21

Bybelteks(te)

20Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neer

om jou leiding te gee en die nodige kennis,

21sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou,

en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur.

SPREUKE 22:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuk 1 – Spits jou ore vir die woorde van wyses.

Dit is noodsaaklik om jou ore vir wysheid te spits, want dit is help jou om self wyse woorde kwyt te raak in geselskap. Dit is ook die primêre manier waarop ‘n mens leer om op die Here te vertrou. Dit is sekerlik die belangrikste funksie van die wysheid. Die bevestiging van die wysheid lê in die vrug wat dit oplewer.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS