Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 247

Spreuke 22:17-19

Bybelteks(te)

17Luister goed, luister wat die wyse mense sê;

probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet,

18want dit is lekker as jy dit ingeneem het

en enige tyd kan weergee.

19Ek onderrig juis vir jóú vandag

sodat jy op die Here kan vertrou.

SPREUKE 22:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ná die eerste bundel van 375 Salomo spreuke is daar 2 bundels van die gesegdes van die wyses in Spreuke opgeneem (Spr 22:17-24:22; 24:23-34).

  • Die eerste bundel het ‘n inleiding (Spr 22:17-19) en dan 30 spreuke van wisselende lengte, afhangende van hoe jy die spreuke indeel.
  • Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een met ‘n inleiding (Spr 24:23) en bevat 5 spreuke.

Let op die persoonlike gesprekstyl waarin die spreuke aangebied word – “wat ek jou wil leer”. Op dieselfde wyse as wat die seun deur sy pa onderrig is om:

  1. 1.na sy pa, en sy ma te luister om die regte pad te kies, en
  2. 2.veral Vrou Wysheid aan hom voorgehou is in die as die stem van die Here self (Gen 1-9),
  3. 3.só word die woorde van die wyses aan die seun voorgehou as ‘n stem om na te luister.

Die luister na wysheid is nie net voordelig nie, maar doodgewoon lekker.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS