Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 244

Spreuke 22:14

Bybelteks(te)

14Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond;

jy val daarin as die Here jou vervloek het.

SPREUKE 22:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Owerspel is ‘n straf van die Here vir diegene wat Hom nie dien nie. Dit klink nogal vreemd, en veral die gebruik van die woord vervloek, val vreemd op. Maar, dit is presies wat Paulus in Romeine 1:18-32 skryf dat God mense, wat Hom nie eer nie, oorgee aan seksuele immoraliteit, skandelike seksuele begeertes en korrupte gedagtes en gedrag. Soos Tom Wright sê, wanneer jy die Here nie die sentrum van jou lewe maak nie, is dit die tipe dinge wat met jou sal gebeur.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS