Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 239

Spreuke 22:5-6

Bybelteks(te)

5Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid;

wie sy lewe wil behou, bly daar weg.

6Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,

en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

SPREUKE 22:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 5. ’n Vals persoon – pervers, moreel krom en skeef, oneerlik, onopreg, skynheilig – se pad is besaai met uitdagings. Dit is vol dorings en wippe (vangnette). As jy jou lewe wil beskerm, moet jy wegbly van valsheid. Vers 6. Rig ’n jongmens af in die weë van die Here – “die pad wat hy moet loop” beteken die pad van die regverdige – en dit sal gewoontes skep wat tot in sy oudag sal hou.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS