Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 240

Spreuke 22:7

Bybelteks(te)

7Die ryke heers oor die arme;

die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.

SPREUKE 22:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die harde ekonomiese werklikheid is dat rykdom mag gee oor armes. Dieselfde geld ‘n lening. Die lener is die slaaf van die een van wie hy leen. Dit is aan die een kant ’n waarskuwing. Moenie lui wees nie. Moenie leen nie. Dit is aan die ander kant ’n aanmoediging. Verlig armoede. Red mense wat vasgevang is in ’n situasie van uitbuiting. Ons almal is immers gelyk voor die Here (Spr 22:2).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS