Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 237

Spreuke 22:1

Bybelteks(te)

1'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom,

die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.

SPREUKE 22:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons kom by die laaste 16 verse van Salomo se eerste bundel spreuke. Interessant genoeg is die aantal spreuke in hierdie versameling van hom gelyk aan die numeriese waarde van Salomo se naam: 375.

Waar Salomo nou al oor God se sorg vir die opregtes (hfst 10) geskryf het, en dat Hy ‘n toevlug is vir ons (hfst 14), uitgebrei het op die invloed van wyse woorde op welvaart (hfst 13), en die veilige ruimte wat ons integriteit vir ander gee (hfst 14), tesame met ‘n hele spektrum van ander sake, skryf hy in hierdie paar verse veral oor rykdom en armoede en die invloed wat dit op verhoudings het. Hy lê ook klem op die gevolge wat volg op ‘n mens se gedrag – luiheid stomp jou waagmoed af; mededeelsaamheid is tot jou eie voordeel.

Vers 1. ’n Goeie naam of reputasie is meer werd as groot rykdom. Ander se goedgesindheid is meer werd as silwer en goud.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS